So, dis nou al weer 2 weke since my laaste update en het gereken ek moet nou binnekort weer vir almal vertel wat hier gebeur. Soos julle weet, werk ek nou al van die 1ste September af, en dit gaan heel goed by die werk. Ek leer nog vreeslik baie hier, en alles werk nie heeltemal altyd soos ek wil hê dit moet werk nie, maar dis deel van 'n programmeer werkie. Ek gaan nie eers die vorige doelwitte hier deurgee nie, want dit gaan net weer bevestig hoekom ek so lank gewag het voor hierdie update. Ek het nie regtig enige van my doelwitte vervul nie, behalwe om bietjie meer tyd in te stoot in die my huidige projek.
So, slegter goedjies eerste. Ek het bietjie vasgehaak met my werksaansoeke en het nog nie weer begin om aansoeke uit te stuur nie. Ek verstaan nou uiteindelik hoekom mense dit so moeilik vind om deeltyds nog te studeer terwyl hulle voltyds werk. Mens se dae is ook net so lank en die tyd wat mens by die werk sit en die brein aktief besig hou, maak dat mens net bietjie wil onstspan in die 3 ure wat mens dan die aand by die huis het. Dit gee mens so 1.5 ure vir kosmaak en eet, bietjie tyd om nog 'n stort of 'n bad te neem en dan sit mens met uur om nog kontak met mense te hê. Dis crazy. Ek is so gewoond om meer tyd vir myself te hê, dat voor ek my oe uitvee, dan is dat alweer 11pm, en dan het mens slapenstyd heeltemal verpas. (Dis nou as ek weer 5:00 die volgende oggend wil opstaan sodat ek weer teen 6:30 by die werk kan wees). Ja, ek weet 6:30 by die werk is baie rof, maar dis vir my beter. Dit beteken dat ek meeste van die verkeer op die bad in die oggende mis, en dat ek ook so teen 15:00 (minimum tyd) by die werk kan ry en ook nog bietjie daglig sien in my vrye tyd. Ek het in die laaste 2 weke gesien wat 'n tekort aan slaap en 'n tekort aan koolhidrate die vorige dag aan mens doen as mens 5:00 opstaan en teen 5:30 'n uur gaan fiets ry. Dis asof mens net glad nie energie het nie, en elke trap teen die berg uit voel asof dit jou laaste trap is. So, 2 slaaie in 'n dag i.p.v. middagete en aandete is 'n slegte idee. Een van die etes moet darem bietjie pasta of rys inhê. So terug tot op die punt, ek het nog nie weer aansoeke uitgestuur nie, want all-work and no-play makes Francois 'n dull boy. ;)
Nog 'n slegte ding is dat ek weer begin het om my pyp aan te steek. Met die super veranderinge in my daaglikse routine, en die over-healthy leefstyl het ek dit reggekry om myself te convince dat dit ok is om een of 2 vices te hê. Maar ja, alhoewel pyprook baie goedkoper is, kou dit nogsteeds mens se finansies, en ek sal binnekort weer so 'n ophou rokery moet loots. Hierdie is net weer vir my convermation dat 'n tekort aan geld nie, 'n goed genoeg motivering is nie, en dat ek beter motiverings redes sal moet soek.
Nou vir beter goedjies in my lewe. Vir die wat nog nie weet nie, ek het uiteindelik in 'n nuwe plekkie ingetrek vir 'n kort tydperk. Dit gee my darem meer privaatheid en 'n kamer deur wat ek kan toe maak as ek nie lus is vir mense nie. Ek bly saam met 'n Polish body-builder wat eintlik 'n baie nice ou is, maar sy sosiale skedule is van so aard dat ons mekaar dalk vir 1 of 2 dae gesien het die laaste twee weke. Of hy is nie daar nie, of ek is nie daar nie. So dit pas my nogals. Die kere wat ons albei wel daar is, kan ons ook nog 'n goeie kuiertjie inwerk voor ek gaan slaap. Maar ja, ek sal nou binnekort weer moet begin kyk vir 'n ander verblyf geleentheid, aangesien dit heel goed lyk vir 'n kontrak verlenging by die huidige firma. Ek het eergister met my Departmentshoof gepraat oor die moontlikheid om hier aan te bly. Nou, dit was nie 'n direkte Ja sure, nie, maar meer 'n die kanse is baie goed daarvoor. Hy het nou nodig om eers bietjie met my projekleier te praat en ook bietjie meer uit te vind oor 'n nuwe projek van die departement wat in die volgende jaar verloop, en dan sal hy terugkom na my toe. So daar is nou 2 goed wat kan gebeur by die huidige firma. Die een is dat ek aangestel kan word as 'n wetenskaplike, as opposed to 'n wetenskaplike helper. Die ander is dat ek aangehou word as wetenskaplike helper. Daar is 'n aansienlike salaris verhoging by die eerste een, maar om my aan te stel as wetenskaplike, het hulle nodig om my toe te eien aan 'n spesifieke projek, en die huidige projekte hier is vol. So dis hoekom die nuwe projek belangerik is. Aan die ander kant, is dit baie eenvoudig om iemand langer aan te hou as wetenskaplike hulp, want hulle kan maklik rondswerf tussen die projekte. So, almal, hou asseblief duimvas dat die eerste moontlikheid sal uitspeel.
Ander goeie nuus gemeng met goor gevoelens. Gister was my salaris in my rekening inbetaal... woohoo... maar, dis die eerste keer in my lewe wat ek belasting betaal... boohoo... vir die van julle wat dit nou al jare lank doen, my gevoelens is met julle. :( In Duitsland is dit nog bietjie erger. Ek meen, op die ou einde na staatsmedies, belasting, sosial-insurance ens. wat die verpligte aftrekkings is, kry mens so 55% van jou oorspronklike salaris. Sjoe, dit maak seer. Maar nou ja, dis darem nog genoeg om 'n bestaan te maak, en ek dis so dubbeld as waarmee ek moes klaarkom vir die laaste 3 jaar. So, dit is darem nie so rof nie. Maar terselfde tyd, gaan daai eerste salaris gewoonlik direk so om 'n overdraft te delg. ouch... So, met die goeie/slegte nuus, het ek gisteraand besluit om te gaan kyk watse grootte klere ek deesdae moet koop. En wat 'n boost vir die ego was daai nie. Ek swem letterlik in my nuwe 2 broeke wat ek 2 maande teruggekoop het, en ek het gedink ek moet ten minste hierdie maand 1 broek, 2 hempde en 'n nuwe belt aanskaf, so ek sal dit gaan uitsoek so hierdie naweek. Ek kan ook nou nie soos 'n palooka elke oggend by die werk opdaag nie. Vir julle mense wat my ken, ek het die laaste 7 jaar (ever since ek my eie klere begin uitsoek het eintlik) niks kleiner as 'n 34 kon aantrek nie, en die laaste 4 jaar was dit ook te klein. Nou vir ons kort mense in die familie is dit nie lekker om altyd 'n 36 te moet koop nie, aangesien die broeke altyd te lank is, en ek nou 'n fashion probeer skep het om die broeke op te rol (ok, fashion skep is dalk bietjie erg, maar ek moet vir myself ook jok om beter oor sulke goed te voel. :P) Nou gisteraand het actually in 'n paar 32-denims gepas, met nog so duim spasie om my middel. Ek gaan nou regtig niks kleiner as dit kan kry nie, want ek het darem maar vreeslike dik bo-bene (en die konstante fietsry help nou nie regtig daarvoor nie).
Daar is hier en daar nog 'n paar highlights in my weke, en ek probeer ook om maar oor die naweke home-made fast foods (wat uitdraai om glad nie so "fast" te wees nie) te eet soos die laaste week was dit home-made pizza, wat begin met die deeg self maak. Ietsie anders wat ek die afgelope maand gemaak het was sushi, (dankie Deon dat jy my bietjie gewys het hoe) wat ook nie heeltemal super-goedkoop is nie, maar mens kan dit nou weer ook nie teen daai prys koop nie. Plus, jy kry net die stukkies wat jy self wil hê. Niks gemeng met "cheaper" outjies omdat mens nie net van die duurder outjies kan koop nie. ;) Nog ietsie interessant wat ek uitprobeer is om so 'n 2.50€ kookboetjie te koop elke maand, net om mens se etes bietjie af te wissel. Deon en Kathi het my gewys hoe goed dit werk, en dan verhoed dit ook dat mens elke dag dieselfde stuff eet.. (dit raak vreeslik gou vervelig om vir die 3de keer in die week dieselfde pasta te eet.)
Maar nou ja, die verander nou weer in 'n super lang epos. Dis nou weer tyd om bietjie te werk, en my polinome wat om hulle eie middelpunt draai weer aan te gryp en dit beter te maak sodat sirkels ook kan draai (vir die wat nie weet waarvan ek praat nie, dis deel van my projek waarmee ek besig is).
Laastens vir julle wat terug antwoord op hierdie epossie, ek is altyd bly om van julle ook weer te hoor. Maar vir die ander, dis nou tyd dat julle my vertel van die Familiefees en sulke goed ook. :) Om briefies sonder adresse in 'n posbus te gaan gooi is goed om van frustrasies onstlae te raak, maar hier is minder frustrasies om van ontslae te raak. ;)
Liefdegroete,
Francois
No comments:
Post a Comment