Tuesday, 08 December 2009

Update 18 Aug

Goeiemore!

Ek wil met hierdie email vir julle almal vertel hoe dit met my gaan. Wil ook net met julle almal deel wat my weeklikse doelwitte is, en dan die daaropvolgende week terugvoering gee. (Enige insette is ook welkom :D ).

So, net so vinnige verloop van die eerste week. Ek het Sondag die 9de toe ek in Munich aangekom het gaan staan en my beursie (weer) verloor. So die week het nie op 'n te goeie vlak begin nie. :S Het Maandag weer terug gegaan na die" scene of unhappiness" om te hoor of iemand hom nie daar erens ingehandig het nie. (te vergeefs... :( ) So het toe nou begin plan maak om weer te gaan aansoek doen vir my Duitse bankkaart ten minste. Dinsdag het ek sover gekom om 'n elektroniese weergawe van my Meesters graad te gaan maak. Het ook opgeeindig om inkopies vir die week te gaan doen. Verder het ek Maandag en Dinsdag darem maar baie erg met myself baklei. Weens die feit dat ek beide hierdie dae geen aansoeke uitgestuur het nie.

Op hierdie punt: My konstante weeklikse doelwitte lyk soos volg:
a) 25 Nuwe werksaansoeke (met die idee van 5 per dag)
b) 10 opvolg oproepe
c) 3 netwerk geleenthede identifiseer
d) 2 mense uit my profesionele netwerk te skakel en te hoor van nog netwerksgeleenthede/werksgeleenthede

Woensdag en Donderdag het beter gegaan. Het Woesdag probeer opmaak vir Maandag en Dinsdag (se slaplĂȘ), maar het na baie mismoed dit reggekry om 7 aansoeke uit te stuur. Donderdag dieselfde. Ek leer myself nogals bietjie beter ken in sulke situasies. :S Het gesien dat om 'n agterstand te probeer inhaal is nie baie maklik nie, en maak my eintlik aan die einde van die dag net ongelukkig. Vrydag het ek ook nie regtig my kant gebring as dit kom by werksaansoeke uitstuur nie. Ek het gesien dat die dinamiek en die innerlikke konflik wat ek op sulke dae (dae wat ek nie alleen is nie) beleef 'n bietjie van 'n ander worsteling en stoei bring.

Volgende punt: Rainer (waar ek tans bly) werk gedurende die week in 'n ander stad en slaap dan Maandae tot Woensdae daar in 'n hotel. So ek het Maandae tot Donderdae basies vir myself. Hierdie verander nou van die einde van hierdie week aangesien hy verlof het vir die volgende week of 3.

So, nog 'n doelwit wat ek vir hierdie week het is om te kyk of ek vroegdags by my "werk" kan uitkom. Wat ek gesien het geneigd is om met my te gebeur is om te wag tot aan die einde van die dag en dit dan so bietjie af te rammel. Ek het probeer om vir myself 'n bietjie van 'n "reward"-sisteem te skep vir hierdie week waar ek iets kan doen wat ek andersins nie sou doen die dag nie. Net so 'n effe van 'n "incentive" om my "werk" vroeg klaar te kry. (meer daaroor aan die einde van die week met die nuwe epos)

Verder, is dit lieflike somer weer hier. Ons het die naweek na 'n "straatfees" toe gegaan. Basies is dit 'n straatmark met 'n live performance van iemand. (Sal verkies om hulle nooit weer te hoor nie... of te sien nie :S) Maar die ander sy daarvan was nie te goor nie. Goeie belewenis om mense in Bavaria in hulle natuurlike habitat te sien. (hihi). So ek probeer myself ook bietjie meer besig hou met someraktiwiteite soos om elke dag ten minste vir 'n uur te gaan stap. In die nabye toekoms sal die stap vervang word met 'n drafstap, en tabak ook by die venster uitvlieg, maar vir hierdie week wil ek net op die vroeg in die dag klaarmaak ding konsentreer. Dit sal nogals nodig wees vir die dae wat Rainer ook hier is vir die volgende paar weke.

Skryf gou weer, en druk maar die duime. Ek het vergeet om te noem dat ek Woensdag 'n telefoon interview het, en dat ek vandag iemand moet skakel i.v.m. 'n "studente programmerings werk". So sal bietjie meer terugvoering gee daaroor teen die einde van hierdie week.

Groete,
Francois

Ps. Laaste ding: het darem my beursie gister teruggekry (ook net in Duitsland).

No comments: