Tuesday, 08 December 2009

Update 13 Nov

Goeie more almal,

Die goeie ou Vrydag die 13de... vir ingeval julle dit nie besef het nie... vandag is een van daai horror flieks se gunsteling dae. So wat ook al julle vannaand maak, versoek om nie alleen by die huis of naby 'n begrafplaas te kom nie. ;)

Minder oor bad omens en meer oor my. Ek het oor die laaste week aan 'n paar "subject lines" te dink wat ek hierdie epos wil noem, en van hulle was gewees "Exploring deep space 9", "Operasie bed-bou" en minder effektief "In-trek aksie". In my laaste epos het ek julle vertel van my nuwe meenthuis wat ek gekry het en daar was so 'n groot diskussie oor bed koop. Nou ek het amptelik laas week vrydag by Ikea verby gegaan om vir my 'n paar "essential" items aan te skaf. Vir die van julle wat nog nie van Ikea gehoor het nie, dit is so 'n groot warehouse waar mens basies alle huishoudelike items kan koop soos beddens, matrasse, kaste, kombuise (stoof, wasbak, kombuiskaste etc), gordyne, etc. Noem dit en Ikea het dit. Twee groot voordele van hulle is dat hulle redelik goedkoop is en daarin spesialiseer om alles klein te verpak sodat mens dit met so min as moontlik gereedskap aan mekaar kan sit. Al wat mense benodig is 2 Allen-keys en 'n ster skroewedraaier. Meer as dit het mens net tyd, energie en bereidwilligheid nodig. Saterdag aand 20:00 het ek uiteindelik ingetrek met my matras, en ongeboude bed en my 2 tasse. Ek het ook vinnig gaan grocery shopping doen, aangesien die winkels in Duitsland glad nie oop maak op Sondae, en ek het ten minste iets nodig wat ek kan eet Sondag. Die doelwit van saterdag aand was om te my bed te bou, sodat ek ten minste slaap plek het. Die plan het toe vinnig verander om my kombuis skoon te maak: Yskas te was, kaste te was, stoof te skrop, oond skoon te maak. Die yskas was was die belangerikste sodat ek ten minste my groceries kon koud hou. Na 3 ure, het ek darem die kombuis kaste skoon gehad asook die yskas en stoof. Ek slaap toe net op my matras en dag dat ek dan die sondag middag vinnig my bed kan bou en dan 'n bietjie sleg lê en vlieks kyk die res van die dag. Haha... Wat 'n grap. Ek maak toe Sondag middag vetkoek en nooi Deon oor vir middag ete... (Hehe, as hy geweet het wat vir hom wag, sou hy nooit die middagete aanvaar het nie.) Ek span hom toe in om my te help om die bed aan mekaar te slaan. Shucks, 5 ure later toe staan die bed en sy matras darem. Dit het amper gevoel asof ek besig was om die fliek mission impossible herskryf en oorskiet. Wat 'n mission om 'n paar plankies aan mekaar te skroef... Ok, dalk nie 'n paar plankies nie, maar om en by so 100 plankies wat aan mekaar moet kom.

Uiteindelik het ons toe die bed klaar gebou gehad so teen 19:00. Deon sê toe vir my hy het so 'n klein "Kommode" (of in engels, 'n chest of drawers) met 3 laaie wat ek kan gebruik vir my klere, dan het ek nie nodig om verder uit my tasse uit te lewe nie. Na die bedbou sessie, ry ons toe na sy flat toe om die Kommode te gaan haal. Deon bly nie ver van my af nie, seker so 2km, maar wat 'n snaakse gesig was dit gewees om te sien hoe 2 jong ouens die Kommode in die straat afsleep, en op 'n trein laai en verder sleep... Hehe... Ek wil net vir Deon en Kathi weereens dankie sê vir hulle hulp daarmee. Hulle het ook vir my 2 stoele gehad wat ek kon gebruik, so nou het ek darem ook sitplek in my flat.

Na my laaste update, het Tannie Linda terugge-email om my te probeer waarsku dat 'n bed nie al is wat ek gaan nodig hê nie. Sjoe, en hoe reg was sy. Haar voorstel was gewees dat ek dringend 'n "Kitchen tea" moet reel. Nou, so onprakties soos wat dit is, wil ek julle almal nooi vir my Kitchen Tea. Dit sal so 'n gesamentlike poging wees met Kersfees en my verjaarsdag (vir die wat vergeet het, dis 1 Januarie :P). Aangesien julle almal sal moet vlieg om "Kitchen tea" by te woon, het ek gereken ek sal dit so bietjie anders maak. Vir elkeen van julle wat by my kom kuier in die volgende paar maande, sal ek gaan kombuis-tee geskenke koop vir myself en al wat julle moet kry is die vliegtuig kaartjie. Ek kan nou nie heeltemal verwag dat julle die vlugkaartjies asook geskenke moet kry nie, so dit sal my kompromie wees. :D Ek het klaar begin daarmee, en het bekers, borde, eetgerei, glase, 'n pan aangeskaf. Nou kort ek nog net meer besoekers (die eerstes was al kort daar)... Hurry hurry... before the offer expires. :)

Alle grappies op 'n stokkie, ek vind hierdie belewenis ongelooflik. Om so rond te loop en te kyk en te beplan wat ek met my "huis" wil maak is baie cool. Ek weet meeste van julle het dit al deur gemaak, maar ek is nie seker of almal van julle dieselfde gevoel van verligting beleef het wat ek Maandag gehad het. So Maandag het ek vir die eerste keer in 4 maande al my tasse uitgepak. Sjoe, vir 4 maande uit 1.5 tasse uit te lewe met stuffies hier, en stuffies daar is horribaal. Vir die eerste keer in my lewe het ek my eie plek. Geen kitchen sharing, geen bathroom sharing, geen posbus sharing... the list goes on.

Bietjie meer oor die woning, daar is nog 'n paar goed wat ek moek reg maak. Byvoorbeeld, die 1 lig werk werk nie. In die proses om die slaapkamer se lig reg te maak het ek dit reggekry om die een lig skakelaar heeltemal te breek. Vervlaks. In my defence, as hy gewerk het van die begin af, sou ek hom nie heeltemal opgeneuk het nie. So, op my lysie van things to do:
  • Vervang die ligskakelaar.
  • Koop 'n ligfitting vir die sitkamer
  • Was die vloere (dis ongelooflik hoe vuil die dames wat voor my die plek gehuur het gewoon het)
Ander goetertjies wat ek in die volgende maand nog wil aanpak is om die ou wasmasjien wat die vorige huurders vir my daar gelos het reg te maak. Dit blyk asof daar net iets fout is met sy deur en sluit meganisme. (Altans, dis wat die vorige eienaars gesê het) en dan indien ek dit kan fix, dan het ek 'n wasmasjien gescore... Good times... Nog 'n projekkie is die kommode wat van Deon hulle afkom se blad af te skuur, en die rou eike hout met 'n donker woodstain te behandel sodat dit by my venster raam asook my Bed (sien aangehegte prentjie) kan pas en dit dan goeie laag varnish of iets te gee... (HELP MAMMA!!! Woodstain? :S Varnish? :S Verfkwas? :S YIKES!!!)

Dan so 'n toekomstige projek wat ek dalk nog sal aanpak indien ek weet dat ek langer as 'n jaar in die plek gaan bly en die kontant vloei 'n bietjie beter loop het ek gedink om die aaklige blou teels in die badkamer te vervang en dalk die badkamer nog bietjie beter te maak. Maar nou ja, hierdie outjie sal eers op sy gelê moet word vir 'n paar maande. Die idees hou net nie op met kom nie! :D Maar alles word op sy gelê, want die volgende item wat ek sal moet aanskaf sal 'n klerekas wees. Iets waarin ek my hempde, broeke en baadjies kan ophang.

Elk geval, dis die grootste goed wat in my lewe gebeur. Wat happen daar by julle?

Ps... die laaste ding waarvoor ek wag voordat ek regtig tuis kan voel by die "huis" is internet. En ek moet by sê, dat ek weer privaat internet sal hê van die 20ste November af.

Groete,
Francois

No comments: