Het gedink so 'n vroee epos is dalk die beste idee. Dit gee almal iets om te lees terwyl hulle wakker word. :) Na my laaste 3-bladsye epos het ek besef dit was bietjie wild gewees om 'n minuut tot minuut weergawe van my dae deur te gee, so ek sal probeer om dit hierdie rondte 'n bietjie korter te hou.
Vorige keer se doelwitte:
Oorspronklike doelwitte vir die laaste 2 weke.
- 3 kwaliteit aansoeke in 'n dag.
- Kontak met Jens, asook Karl (professionele netwerk)
- Skakel Passport-GmbH (recruiting firma)
- Skakel Frauenhofer i.v.m. Kontrak
- Ophou rook (aangesien tabak voorraad van SA af op einde staan)
So, my beplannings het nie heeltemal so uitgedraai soos ek gehoop het nie. Daar het 'n paar ander goed voor geval wat bietjie voorkeur gekry het op die prioriteits lysie. O.a. was die 3 aansoeke 'n dag vervang gewees met verblyf geleenthede soek vir tyd en wyl, aangesien ek mos nou begin werk het by die Frauenhofer instituut. Dit het baie goed uitgedraai, en ek sit nou al die afgelope 2 weke hier in 'n kantoor en werk aan vreeslik interresante projekte. Sal later bietjie meer daaroor vertel. Ek het ook nie by die profesionele netwerk uitgekom nie, maar ek het wel ophou rook vanaf 30 Aug.
So, die afgelope 2 weke was nogals 'n belewenis op sy eie. Vir die van julle wat nog nie weet nie, ek ry elke oggend so 15km werk toe met 'n stadsfiets (dit beteken 'n fiets met net 1 rat. +- gelykstaande aan die 6de rat van 'n mountainbike). Die roete is nogals heel aanstrengend, aangesien mens in hierdie 15km vir 7km ten minste 180m moet styg. So die bergies in rat 6 maak dat ek so papnat by die werk aankom elke oggend. (Nothing like a new smelly employee... right?) Darem is hier stortgeriewe by die werk. Die roete neem my so uur elke oggend, dan chow ek vrugte tot middagete tyd. (het ek genoem ek kom gemiddeld so teen 6:30am by die werk aan? yikes... nooit gedink ek sou een van daai early birds wees nie). Middagete is ook 'n lae kalorie dieet en saans kry ek gewoonlik groente met rys/pasta en dalk 'n bietjie mince/hoenderrepies (wat my huidige sponsors Deon & Kathi baie gaaf vir my voorberei). Die trippie terug huis toe saans is nog 'n uur se fietsry, alhoewel dit halfte die pad afdraende is. So, ek leef vir die eerste keer in 'n vreeslike langtyd super gesond (aangesien junkfood net eenvoudig te duur is!). 2 ure sport, en net gesonde kos elke dag het gemaak dat ek nou al weer 5 kg afgegooi het in die laaste maand en 'n half. My belt is op sy kleinste gaatjie, en ek sal binnekort nog 'n gaatjie moet insteek. Ek dink nie eers my boepie was so klein op skool gewees nie!, maar ek like dit. :)
So die projekte waaraan ek werk is bietjie in die Duitse militêre marine area, en ons werk aan die rekenaars se user-interface. Vir die eerste dag moes ek net luister oor al die sensors en wapensisteme van die nuutste frigatte, en oor hoe die vriend-vyand identifikasie tipies afloop etc. So dit voel nogals soms vir my bietjie asof ek droom, en ander kere asof ek 'n klein seuntjie is wat 'n nuwe speelding gekry het. Ek geniet dit regtig vreeslik baie op die oomblik.
Ek het genoem dat my 3 aansoeke 'n dag vervang was met woning soek, en kan darem uiteindelik sê daar het 'n paar goeie goed reg geloop, en ek het uiteindelik 'n woning gevind tot die einde Oktober toe. Dit is as 'n Zwischenmieter (die konsep is bietjie vreemd vir Suid-Afrikaners, altans was vir my: Iemand wat vir 'n maand weggaan en dan iemand anders kry om daar te kom woon en sy huur oor te neem vir die maand. Hulle los dan tipies al hulle goed daar, klere etc. en vertrou dat mense dit nie sal saboteur/steel nie) en dis ook relatief goedkoop in vergelyking met die ander geleenthede wat ek gesien het. (Nog 'n dankie aan my sponsors wat my gehelp het om dit op te spoor). Dit sal nou van volgende naweek Saterdag af wees en hopelik kan Deon-hulle dit nog uithou met my tot dan. Vir die van julle met wie ek kontak gemaak het laasweek het van goetertjies soos operasie appel gehoor en het ook gehoor dat ek nie altyd weet hoe om my emosies te uiter nie. Ek kan nie regtig kwaad word vir die mense by wie ek bly nie (aangesien hulle eintlik baie goed is vir my), en die feit dat ek nou al vir 2 weke sonder 'n nikotien-fix rondloop maak dit nog erger. (Sonder 'n nikotien-fix word ek gewoonlik baie kort-humerig :S ) So, my gemoedstoestand wissel maar so bietjie van tyd tot tyd, en die kere as ek daai oulike toertjie wil doen (van teen die mure uitklim) dan eindig ek op om 'n fiets te gryp en vir 2 ure langs die rynrivier af te ry. Teen die tyd wat ek dan terugkom voel ek sommer beter en is weer in 'n goeie bui.
Al my vorige doelwitte was nie heeltemal bereik nie, maar ek tog 'n paar berge versit (selfs al was dit net my groot "ass") die laaste 2 weke.
Doelwit vir die volgende week.
- 3 kwaliteit aansoeke in 'n dag. (wil graag weer terugkom en tyd hieraan spandeer aangesien my huidige kontrak nogsteeds net tot einde Okt. is)
- Kontak met 1 persoon uit my profesionele netwerk.
- Aanhou met die non-smoking policy (soms raak dit bietjie moeilik, maar dan gaan ry ek weer fiets :), of gryp 'n vrug dan voel ek weer beter )
- Ekstra tydjies in my huidige projek instoot om my projekleier hopelik 'n bietjie te beindruk met my vaardighede en 'n moontlike pad te lê vir 'n kontrakverlenging. Sal nodig hê om so 'n gesprek binne die volgende 2 weke met iemand hier te voer.
Met 'n vriendelike totsiens groet ek julle, en hoop dit gaan goed met julle ook.
Francois
No comments:
Post a Comment