Saturday, 17 March 2007

People in my personal space

RAINER

So, wat om te sê van die dude wat my "sane" hou... Ingeval iemand nie geweet het nie, ek en Rainer het saam dieselfde ding gedoen om Duitsland toe te kom. Ons was voor goed bevriend en ek moet sê... dit was hy wat my in die situasie gekry het. Ek dink lewe sou baie moeliker gewees het as mens nie iemand van tuis byderhand gehad het om jou humor of sommer net jy mislukheid of jou goeie tye saam met jou kon deel nie.

Dinge gaan woes lekker hierso, maar ons is maar vrek besig soos julle sal lees orals waar ons ietsie sê of skryf. Ek wil hiermee ook net sê dat ek darem maar baie sleg is met hierdie ding om mense te laat weet presies wat gebeur en wanneer dit gebeur. Julle moet tog ook na Rainer se blog gaan kyk, wat soms meer entertaining is as myne, (ek leer soos ek aangaan) en soms ook net beter vertel wat gebeur hierdie kant. Sy blog adres http://rainerlabarre.blogspot.com

SMEDDY

mmm, vreeslik baie om te sê oor my "flatmate", maar terselfde tyd wil mens nie te veel sê en los op die internet wat mens later op die boud byt nie. Indien julle nog nie weet van my flatmate Eddy nie, vra oor hom in 'n email en ek antwoord gerus terug. Ouch.

Those of you that do know some about Eddy, would know why I would call him Smeddy. :-D Anyhow, this is my flatmate. Overall, well behaved, clean and seems that he can be quite decent. There are however a few gaps, which makes it difficult to connect. Apart from the abovemention/ or rather not mentioned... we both seem to be very busy and we sort of live right past each other. Either I'm working, or studying, or he is in class, or partying.

Perspective

One of the key parts of life, revolves around transportation. I was spoilt rotten from a young age with the availability of a car at any time of the day. When I moved over this side, I suddenly was forced to discover new ways of transportaion. Initially, this meant walking everywhere. And even though Bruchsal is a tiny city, if you want to go do some shopping, 2 bags get really heavy on the way home... :-)

Wat dinge nou nog aansienlik erger maak, is die wete dat my maters wat saam met my geswot het en agter gebly het, is almal besig om hulle eersta karre af te betaal. Maar dit maak mos niks aan my nie. Hier het ek die geleentheid gekry om teen 'n spotgoedkoop prys vir my 'n fiets aan te skaf. Dis 'n wrak... met baie potensiaal. Ek voel soos 'n regte ou mechanic uit die skurfste hoekie van Suid-Afrika. Maar dis lekker!! want dis myne, en ek is besig om die snaakste gevoel van trots te beleef. Selfstandigheid was nog nooit so in sy volle glorie nie.

The first Saturday after the buying of the bicycle, I decided it was necessary to remove all the rusty parts and start working on it. Mannn, how I miss the comfort of my fathers garage. All the necessary tools, without too much trouble, and of course the most important ingredient: Something to remove rust!
Na 'n lang gesukkel kry ek dit toe reg om meeste van die dele af te haal en ek begin toe nou iets soek om die goetertjies in te "soak". Dit draai toe uit dat ek asyn, en suurlemoensap gebruik daarvoor, wat heel verbasendlik baie goed gewerk het. Die ander probleem was versekerlik die ideale staalborsel wat mens gebruik vir die skrop. Dink julle dit is maklik om 'n staalborsel op te spoor. Die klein goedjies wat mens as van selfsprekend aanvaar, soos waar om alles te koop (soos ek die laaste keer gesê het). Ek draai toe uit om met 'n harde sintetiese borsel in die hande te kry, en dit was darem ok.

Now, its all good and well to ride a bicycle, but... you sometime forget the basics that can lead to very funny situations. The most recent, which I found extremely hilarious was - "DO NOT USE THE FRONT WHEEL BREAK FIRST!! EVER!!". This was the situation that arouse on this typical stairwel right outside my apartment building. As you can see, it is implemented with a very well thought out ramp which you can use to push your bicycle down or up the stairs. You can already see where this is going...

Aangesien dit my heel eerste keer was wat ek die ry-opervlak gebruik het, het ek natuurlik gedink dis 'n goeie idee om met die fiets daar af te ry. :-D Soos wat ek stadig maar seker daar begin afgly trek ek mos nou versekerlik die voorrem eerste. Terwyl die fiets se agterwiel so bietjie vir bietjie die van die grond af oplig besef ek wat gebeur, en doen wat ek wou, ek kon dit nie keer nie. Alles het so in "slow-mo" gebeur, dat ek ten minste kans gehad het om mooi voor bo die stuurstang af te klim sonder om seer te kry, maar ek kon nie, die fiets keer om nogsteeds bommelakiesie te slaan nie. Wat dit alles snaakser maak, my goeie, goeie vriend Rainer staan reg langs my en sien ALLES en begin hardop lag. Ek kon nie help om saam te lag nie, want dit was net een van daai situasie waarvoor enige iemand sou lag.

Saturday, 17 February 2007

'n paar Fotos van ons eerste paar dae in Frankfurt








Posted by Picasa

Long overdue




Ek het vanoggend vir my gaan stationary koop in Karlsruhe (die naaste groot stad van waar ek bly, +- 15km), en besluit toe dit is 'n goeie idee om 'n klein boekie te koop om idees en gedagtes te hou vir 'n tipe van 'n dagboekie sodat ek julle mense kan op hoogte hou van hoe dit met my hier aan die ander kant van die water gaan. Julle sien, ek is vreeslik goed om dinge van die hart te vermy. En hiermee het ek nou probeer om my te forseer om iets te skryf sodat ek nie uit almal se gedagtes verdwyn soos wat so gereeld gebeur in die wereld vandag. Ons is almal te besig met ons eie gedagtes en ons eie lewens dat ons soms vergeet van die mense rondom ons en die mense wat ons agter laat het en die mense wat ons elke dag ondersteun en die mense vir wie ons baie lief is...

Maar in elk geval ek het oppad terug van Karlsruhe op die trein besluit om 'n paar goeie gedagtes wat by my opgekom het in die afgelope paar dae neer te skryf met die idee dat ek dit kan blog. Hrmf, groot fout!!! Moet nooit aan sake van die hart dink daar waar mense jou kan sien nie. :-) Dit draai uit om 'n baie nat en 'n groot verleentheid te wees... Ja, toe daar op die trein begin 'n tranestorting wat ek nie op 'n myl kon sien kom het nie. En hoe meer jy daaraan dink om op te hou en terselfde tyd aan ander goed dink, hoe meer kom dit net uit. Wat ek ook agter gekom het is dat jy eerder nie 'n woord moet probeer sê wanneer jy so voel nie, want dan begin mens snik en dan kan mens nie ophou nie...

Genoeg van hoe pieperig en klein ek is, die eintlike idee hiervan was goeie gedagtes met mense te deel. Ons is nou al so 7 weke hier waarvan ons 'n klomp goeie dinge beleef het, maar terselfde tyd het ons baie moelike tye ook beleef. Ek is nou uiteindelik lekker in gesettel, (ja, ek neem nou en dan nogsteeds die verkeerde trein en land op totaal en al op 'n ander plek as waar ek moet wees, maar nou ja, hoe anders gaan mens die plek verken. :-D ), en ek weet darem hoe om my dag tot dag se goedjies te doen.

Als is soveel anders hier as wat ons aan gewoond was by die huis, soos tipese goed is dat mens nie weet wat om by watse winkel te koop nie. Soos waar koop mens 'n spieel? Of die goed wat ons in ons algemene pick&pay het, is totaal en al anders as wat hulle hier in lidl het. Ons moes toe nou die eerste dag wat ons hier aangekom het gaan inkopies doen... Net dié nodigste want dit is ver om te stap terug Universiteit toe... en dan eindig mens op om elk 4 groot sakke groceries huis toe moet dra. Die kos hier wat ons vir ons self moet maak is maar 'n probeer en probeer weer situasie.. en ek is nou al bietjie moeg vir vark, selfs hulle hoender proe al soos vark... Ek sal nog daar uit kom om my gunsteling kos (soos my ma se soetpatats) hier te maak en te geniet. :-)

Maar ja, ek gaan probeer om nie te veel langer aan te hou met goedjies tik nie, (ek weet ek sukkel altyd om die motivering te kry om lang briewe te lees) en eerder probeer om meer gereeld hierdie te doen.



Die foto was voor die Kasteel in Karslruhe geneem vroeër vandag.