hierdie update is nou al weer lank overdue. Ten minste het ek nou weer 'n paar goedjies wat ek kan vertel. Laaste wat julle gehoor het was dat ek 'n moontlike kontrak verlenging kry en dat ek semi- 'n plek gehad het om te bly. Die kontrak verlenging het uiteindlik deurgekom op 26. Okt. Ongelukkig het dit nie die "verhoging" ingehad waarvoor ek gehoop nie, maar dis ook nie so goor nie. Daar was goed verduidelik dat voordat hulle iemand as wetenskaplike kan aanstel het hulle eers nodig om die pos te adverteer en ander mense ook die geleentheid gee om aansoek te doen daarvoor. Dit neem alles tyd, en saam met die navorsing begroting van die staat wat eers volgende jaar vrygestel word, is die enigste manier om my nog bietjie langer hier aan te hou as hulp. Met hierdie kry ek dan ook spesifieke skills wat dit nou weer makliker maak om vir 'n pos aansoek te doen. Ander positiewe goed is hulle gee actually vir my speelgoed by die werk. Ek weet nie hoeveel van julle speelgoed kry gedurende 'n werksdag nie, maar ek geniet dit nogals baie. Hulle het vir my 'n nuwe tablet-pc by die werk gegee waarmee met "multitouch" goed kan doen, (baie soos die funksionaliteit wat mens op die iPhone kry) waar mens kan zoom en goed draai met 2 fingers etc. Dit hou my bietjie besig om uit te figure presies hoe dit werk en wat mens alles daarmee kan doen, maar ek is tussen die wolke daaroor. Daar word mos gesê dat mans nooit regtig groot word nie, maar dat hulle speelgoed net duurder raak. ;) Aan die ander kant het ek so A1 plastiek vel waarmee ek nog bietjie moet rondspeel wat "sense" wanneer mens nader aan die ding kom. Dis net so cool!! :) As hulle kan aanhou om my so intrigued te hou, dan sien ek net goeie goed in die toekoms. :D
In verband met woonplek. Die laaste 2 weke was maar bietjie moeilik. My tydwoning wat ek so van middel laasmaand tot middel hierdie maand gehad het, was vir die laaste 2 weke weer beset deur die oorspronklike eienaar, so my voorland was weer 'n couch gewees. :( Ek kan met trots sê, dat van vanaand af het ek weer my eie plek. Ek sien vreeslik baie uit daarna! Tot nou toe het ek nog die heeltyd huis en flats etc mense gedeel, en maar net gebruik wat daar tot my beskikking was. Van hierdie week af het ek my eie plek. 52m², middel van Bonn, klein balkon 2 kamers, badkamer en kombuis. Dis so 500m van die hoofstasie af, 500m van die middestad en in 'n stil straat waar daar nie te veel rumoer is nie, asook op die 3de verdieping. So, nou voel ek bietjie soos 'n hond wat agter 'n kar aangehardloop het en probeer het om die wiel te byt. Nou het ek die wiel gebyt, en weet nie wat om daarmee aan te vang nie. Wat ek daarmee probeer sê, is dat ek baie bly is ek slaap nie meer op iemand anders se couch nie. Inteendeel slaap ek op my eie vloer. :S Hehe, ja, die flat is leeg en ek het nou nodig om maar so stuk vir stuk 'n paar meubels aan te skaf, waarvan die eerste 'n matras is. Hier is ek nou weer erg in die diepkant. Waarvoor kyk mens by bed koop? waar kyk mens? koop mens maar net 'n sponsmatras vir die eerste paar maande totdat mens die deposito op die flat weer van terug verdien het by die werk en actually 'n billike matras aan te skaf, of kou mens maar bietjie klippe, gaan bietjie meer skuld aan en koop 'n ordentelike matras wat vir 'n paar jaar kan hou, waarop mens kan slaap en uitgerus wakker word? keuses keuses. :S Maar nou ja, ek sal julle meer daarvan vertel nadat ek my sleutel gekry het vanaand 17.30. Ek sien so bietjie uit daarna om op my vloer te sit, en te visualiseer hoe ek my plek wil hê. Dis scary, maar ongelooflik exciting! En dan kom geld, en dan wag mens nou maar eers 'n paar maande en verander die idees tot ietsie meer prakties wat mens kan bekostig terwyl jy ander mense se appartments kritiseer! :) (Is ek die enigste een wat dit doen?)
Dan 'n ander groot probleem die laaste 2 weke was die wete dat my Visa net geldig is tot en met 13 November. En om dit te verleng het ek 'n werkskontrak nodig, maar my werkskontrak het ek eers laasweek gekry. So, nadat ek my kontrak gekry het, moes ek 'n afspraak maak by die buitelandse sake. Noudat ek in 'n stad bly kan ek nie net daar op pitch en met hulle praat nie. So, die ou dorpsjapie kom toe Dinsdag oggend daar aan, en wat vir 30min sodat iemand net vir hom kan sê hy moet 'n afspraak oor die internet maak anders kan hy nie ingaan nie. :S Staatsbeamptes is onmoonlik. In SA, in Duitsland, orals! Hulle lewe in hulle eie tydzone. Ie, as daar wel 'n oomblikkie is waar jy nou eintlik vir hom kan vra wat gaan vir wat, dan moet hy eers gou met iemand klets, of gou bel, en jou laat wag buite in die reen. :( Aaarg.... So na 30mins hoor ek toe van die afsprake, kom toe by die werk aan en maak 'n afspraak. Die afspraak was vir vanoggend 8:30 gewees. Ek kom toe so teen 7:15 in die middestad aan sodat ek nog 'n laaste dokument kan druk wat ek nodig het vir die Visa... maar ek het vergeet dat in Duitsland is daar geen plekke wat oopmaak voor 9am. So ek ry toe die hele stad plat, bel toe vir Deon en hoor of ek dit nie dalk daar kan druk nie. Kom toe 7:45 by Deon aan, maar hulle het nie skoon papier waarop ek kan druk nie. :S shucks, so ek ry toe daar weg, soek nog verder. Teen 8:15 besef ek dat ek my leer met al my ander goed by Deon hulle vergeet het aan die ander kant van die stadt.... Yikes... Ek moet sê, ek het nog nooit so vinnig van die een kant van Bonn, tot by die ander kant gekom net sodat ek weer terug na die eerste kant toe moet gaan... Hehe, Papnat gesweet kom ek toe 8:25 by die buitelandse sake aan. Onnodig. Maar dit was goed beloon, en die hele proses was toe heel pynloos. Ek het nou 'n Visa verlenging gekry tot en met 28 Jun 2010. Awesome! Nou is daar nie vreeslike baie ander probleme nie, en ek kan rustig wees, en begin tyd spandeer aan die goed wat belangerik is vir my ontwikkeling. (persoonlik, geestelik, emosioneel etc. Julle weet?)
Dan is daar nog so een ding wat laasmaand gebeur het waarvan ek nog wil vertel. Ek het so 'n bietjie van 'n depressie uur geslaan laasmaand so teen die 12de. Dit het so hand en hand gepaard gegaan met 'n onderhoud wat ek in Berlyn moes bywoon die 7de Okt, maar die mense het my so bietjie rondgeneuk. Ons het 'n onderhoud datum vasgestel gehad, maar die uur was nog onder dispuut. Hulle het 2 voorstelle gehad, die oggend tussen 7 en 8 en die aand tussen 6 en 7. So aanvanklik het ek hulle laat weet dat beide vir my ok sal wees, met die hoop dat hulle dan sal bevestig watse tyd hulle beter pas. Dit het nie gebeur nie, en daar was geen kontak vir 2 weke nie. Nou die onderhoud sou op 'n Woensdag gebeur, en Berlyn is so 700km van Bonn af. M.a.w. ek het nodig om te beplan hoe ek daar kom, etc. So, die Maandag het ek nog niks van hulle gehoor nie, en ek stuur toe weer 'n epos wat sê dat die oggend my die beste sal pas, sodoende weer kontak op te bou en seker te maak ek ry nie vir niks die 700km nie. Stuur dit toe aan al 3 die mense met wie ek die onderhoud moes voer. Tot my verbasing kry ek toe 2 out-of-office replies wat sê dat 1 ou met verlof is tot die donderdag, en die ander ou is siek en sal ook eers die donderdag weer op kantoor was.... HUH!? Ok, later die middag kom my projekleier toe na my toe sê dat hulle my kontrak kan verleng tot en met Junie, maar teen dieselfde betaling en vertel toe vir my van die regulasies dat hulle die pos eers sal moet adverteer voordat ek as wetenskaplike aangestel kan word. So, ek deel toe met hom dat ek 'n onderhoud in Berlyn het die Woensdag, en dat ek so teen Vrydag vir hom sal kan sê/hint wat my planne is. Dinsdag stuur ek toe vir een van die managers 'n epos om te hoor wat gebeur nou. Oproep was nie moontlik nie, aangesien ek nie 'n nommer van die mense kon kry op die internet nie. :( Plus daar is issues met my selfoon sein by die werk aangesien daar 'n reusagtige radar by die werk is wat bietjie die seine versteur. So, die ou wat met verlof is, kom toe so 2 ure later terug na my toe, en sê dat Woensdag werk nie meer nie, (geen rede) en dat hy dit eerder die donderdag of dalk die week daarna sal wil doen. HUH x2!? So, toe probeer ek bietjie mense in die hande kry... pappa/boetie/maats, maar daar was niemand beskikbaar nie, en ek kan ook nie internasionaal bel van die werk af nie... Het toe bietjie besef hoe ver ek eintlik van die huis af is. Maar nou ja, kon toe darem na so uur kalmeer, en het toe met pappa in kontak gekom en alles was toe weer ok. Het ek my application toe ontrek, op grond daarvan dat ek bietjie confidence in die company verloor het. Maar ook met die hoop dat indien hulle regtig wel belangstel in my application dat hulle sou terugkom en sê hulle verstaan daar was bietjie probleme, en ons moet dalk net eers telefonies daaroor praat. Wat ook nie gebeur nie. Daar was net bietjie van 'n emosionele uitbarsting (super onprofessioneel) van die een ou. So ek was toe ook bly dat dit so afgeloop het. Kon toe darem in die proses my confidence in die huidige maatskappy met my projekleier deel.
Vir nou, laat ek maar eers weer bietjie aan die werk kom (ek bedoel speel kom). Sal laat weet hoe dit gaan met die uitrusting van die nuwe woonstel.
Groete,
Francois
No comments:
Post a Comment