(Besef toe na die skryf van die epos dat hierdie is 'n vreeslike lang dagboek tipe inskrywing is wat die verloop van 2 weke beskryf. Vir die ouens wat net die noodsaaklike soek, aan die onder kant is 'n verkorte puntsgewyse weergawe)
So, hier is die volgende update van Francois. Daar was intussen 'n hele klompie nuwe verwikkelinge oor die laaste 2 weke, maar kom ons begin by die begin.
Soos ek genoem het, het ek my beursie op Dag 1 in München verloor, wat 'n frustrasie! Ek het gereken ek kan dit 'n week gee en wag en hoop dat iemand hom dalk opgetel het en gaan inhandig het by die Lost&Found geboue in München. So, Maandag 17 Aug, maar daar was niks daar nie. Het toe maar begin plan maak om al my kaarte te kanseleer, maar net so voor ek my plannetjie uitvoer skakel my bank my. Iemand het blykbaar toe my beursie daar gaan inhandig. Wat 'n verligting. Ek hardloop toe vinnig na die bank, kry my beursie terug. Maak hom oop, en sowaar. Daar lê die geld wat binne hom was ook nogsteeds op presies dieselfde plek. WOW! Net in Duitsland is wat ek maar sê. So, ek was toe heel gelukkig daaroor.
Die vorige Vrydag, 14 Aug. het ek 'n epos gekry van 'n Firma by wie ek aansoek gedoen ('n maand voor die tyd) het om as 'n student te werk in 'n navorsings instituut. Die epos sê toe net dat indien ek nog belangstel in die pos moet ek hom skakel Dinsdag 18. Aug. Ek het nie vreeslik baie verwag nie, want nadat ek die aansoek uitgestuur het, het ek verneem dat Firmas hier belangstingvoordele kry indien hulle studente aanstel. Ongelukkig is ek nie meer by 'n Universiteit ingeskryf nie, en het ook nie meer 'n geldige bewys van registrasie nie. (Wat gelei het tot die lae verwagtinge). Ek skakel toe maar, vertel die ou presies wat my situasie is, (ie. geen student, en ook dat ek eintlik opsoek is na 'n permanente posisie) en hy sê toe dat hy nodig het om 'n paar goed uit te vind en ons maak 'n afspraak dat hy my weer Vrydag 21 Aug skakel. Meer hieroor bietjie later vir die mense wat nog nie weet nie.
Do. 13 Aug, terwyl ek rustig in die bad lê en wakker word lui my foon toe ewe skielik langs my. (Het hom daar neergesit as 'n alarm sodat ek nie te lank in die bad lê en sleg kan wees nie). Die was toe 'n vrou van 'n recruiting company wat my skakel om 'n afspraak te maak vir 'n telefoon interview Wo. 19 Aug. Maar soos ek met haar praat besef ek dat elke klankie in die bad weergalm op die telefoon. Ek staan toe op met die hoop dat daar minder badklanke sal wees en dat die weergalm bietjie hoor op nie so erg gaan wees nie. Needless to say, het dit nie regtig gewerk nie. Al wat gebeur het is die vrou hoor toe presies hoe al daar klomp water begin spat etc. (Wat 'n verleentheid!!). Ons doen toe die telefoon interview Woensdag en dit het baie goed gegaan, maar terselfde tyd besef ek dat dit net 'n recruiting company is en dat daar eintlik maar net 'n uitruil van informasie was. Ek het aansoek gedoen vir 'n spesifieke pos wat die recruiting company mense voor soek, waarby my profiel nogals heel goed gepas het. Sy sê toe sy sal uitkyk vir 'n paar ander geleenthede ook, en sy sal terugkom na my toe. So hier is 'n belangerike oproepie wat ek more oggend by wil uitkom, aangesien sy nog nie teruggekom het na my toe nie. (doelwit 1).
Soos julle dalk sal kan onthou het ek in die laaste update gesê dat ek in die week wil fokus daarop om my aansoeke vroeg in die dag klaar te kry, sodat ek die somer weer ook bietjie kan geniet. Hierdie het nie so goed uitgewerk soos ek gehoop nie. Ek kon dit darem regkry om elke dag my werk 'n uur vroeer klaar te kry. Elke oggend het ek so 10 uur begin soek vir werksadvertensies en het dan so teen 11:00 ten minste 5 waarvoor ek dan my aansoek moet aanpas om beter by die advertensie te pas. Vir een of ander rede, het ek myself gevang dat ek dan nou tipies prokrastineer met die verandering van die aansoek en het Maandag eers 4 uur begin, en dan het ek klaar gekry so teen 6 uur. Di. was dit klaar teen 5 uur, en Woensdag was dit klaar teen 4 uur. So far so good.
Toe happen Donderdag. Die rakker wat wie ek gepraat het oor die studentewerk besluit toe om my donderdag oggend 11 uur te skakel net so nadat ek my aansoeke uitgesoek het. Toe het hy die vermetelheid om vir my goeie nuus te gee oor die studente werkie en ons praat ook toe so dat daar dalk 'n moontlikheid kan wees dat ek langer by die Firma ook sal kan werk, maar dat ons eers moet kyk hoe dit gaan vir die eerste Maand. Ons het dus tot nou toe net 'n mondelingse ooreenkoms dat daar sal kan werk. (meer hieroor bietjie later). So, dié goeie nuus sit my toe ewe skielik in so 'n vreemde bui waar ek nie die dag se aansoeke wou klaar maak nie. Na 'n lang geveg met myself en bietjie goeie input van 'n paar maatjies kry ek dit reg om myself te oorreed om nogsteeds aan te gaan met die aansoek proses. Ek begin toe nou maar weer die aansoekbrief verander vir een van die advertensies, maar hierdie vereis toe dat ek 'n hele nuwe sin moet inwerk. (Hier kom die rede hoekom ek myself so kry om te prokrastineer tussen 11:00 en 14:00 elke dag). Dit vat my ten minste 2 ure om 1 sin in Duits opgestel en ingevoeg te kry. My brein begin toe weer oortyd werk, ek dink bietjie wat ek wil sê, en kontak my Duitse vriende wat my gewoonlik help om dit beter te formuleer etc. Ek kry toe 'n antwoord van 2 mense af en wat sê wat ek wou sê, en net so voor ek die aansoek nou klaar maak, toe kom Guido ook terug na my toe. "Linguist" soos hy is, begin hy toe om my te "leer" hoe om dit self te doen. (Nie waarvoor ek gevra het nie! Maar op die ou einde van die dag ook beter so). Ons praat toe nog so bietjie verder, en kort voor lank toe stuur ek nou my CV en aansoekbrief vir hom sodat hy 'n beter idee kan kry wat ek nou eintlik wil sê en waar ek dit wil invoeg. Met dié, ontdek hy toe 'n paar ander gramatika foute in my aansoekbrief en ons begin toe om dit uit te sorteer. (nie waarvoor ek opgesign het op hierdie lieflike sonskyn donderdag waar ek goeie nuus gekry het nie, ek wou net buite gaan speel het!!) Die tyd loop aan, dis nou 16:00 en ons gaan nogsteeds aan om alles deur te werk. Na baie mismoed kry ons dit toe klaar teen 17:00 en ek besluit toe maar om dit te laat oorstaan tot die volgende dag toe, sodat ek die laaste bietjie sonskyn kan gaan geniet. So hierdie 1 sinnetjie hou my toe op die ou einde van die dag 5 ure besig! (Sjoe, as ek so skryf dan lag ek eintlik vir die belaglike manier wat my binneste soms optree).
Vrydag en die naweek het niks interessant gebeur nie, behalwe dat ek sleg was. Rainer het begin met verlof en ek sukkel toe om myself te kry om te werk terwyl hy sit en rekenaar speletjies speel reg langs my.
Dit bring ons by hierdie week Maandag. Ek skakel toe weer die Frauenhofer instituut (studentewerk) om bietjie meer inligting te kry - werksklere (Civies of soos Rainer dit noem Muggle clothes); Om te hoor wat gebeur in die geval dat ek 'n dag moet afkry vir interviews by ander companies (geen probleem); na te vra oor 'n Skriftelike bewys wat bevestig dat ek 1 Sept. begin. Aangesien die werk sal beteken dat ek 600km noordwaarts moet beweeg gedurende hierdie week sodat ek actually kan opdaag by die werk, maar die vrou verduidelik toe dat dit iets is wat ek van die HR departement (ander stad) sal kry gedurende dié week indien alles vlot verloop. Voor ek die skriftelike bewys kry, vind ek toe uit dat Deon (universiteits vriend wat in Bonn bly, waar die werk ook is) heel toevallig in München is tot en met Woensdag en dat ek saam met hom kan ry na Bonn toe. Ek hoor toe nogsteesd niks van die firma af nie, maar besluit toe om in elk geval Bonn toe te beweeg. Gedurende hierdie terugtrippie skakel iemand my toe van die HR departement af wat sê daar is vorms in my epos wat ek verkieslik nog Woensdag moet invul en terugstuur, al dan nie, Donderdag oggend. Ons sit toe in ongeluk-verkeer vas en die 6 ure trippie neem ons toe 9.5 ure. Ons slaap toe by Deon se meisie se ouers oor aangesien dit haar boetie se 21ste verjaarsdag was. Kom op die ou einde van die dag eers 09:00 by hulle huis aan waar ek vir die eerste keer internet op my rekenaar kan gebruik. Begin toe die vorms uit vul en besef toe hulle wil handtekeninge ook by hê. Na 'n lang gesukkel kry ek toe ten minste digitale kopie van my handskrif en heg dit by aan die vorms en stuur toe op die ou einde 13:00 die vorms terug. Ek skakel toe die vrou teen 13:10 maar sy was nog nie op die oomblik in die kantoor nie, en voor ek my oe kon uitvee toe is die dag verby en ek is besig om 'n lang epos te skryf. So sal more ook net weer wil skakel en hoor of dit goed aangekom het. (doelwit 2) Indien alles goed verloop begin ek Dinsdag werk.
So hierdie week het ek op die ou einde van die dag dit net reg gekry om Dinsdag aansoeke uit te stuur, en sal more oggend weer kyk of ek nie my aansoek syfer hierdie week ten minste na 10 toe kan opstoot nie. Laasweek het ek darem so 15 uitgestuur.
My doelwit vir die volgende week sal nogals wees om te kyk of ek ten minste 3 aansoeke in 'n dag kan uitstuur. Ek het gereken dat dit nogsteeds nodig sal wees om na 'n permanente geleentheid uit te kyk en nie al my hoop op die studentewerk wat dalk kan oorgaan in 'n langer termyn werk nie.
So, nou vinnig die verkorte weergawe
- Week 2 by 15 aansoeke uitgekom, asook 'n paar ander plekke gevind waar ek kan kyk vir netwerk geleenthede. Nog nie begin om opvolg oproepe te maak nie, aangesien ek my aansoeke nou die naweek eers beter moet organiseer en kyk wie het al teruggekom na my toe en wie nie.
- Week 3 nog net by 4 aansoeke uitgekom maar beoog om Vrydag dit op te stoot na 10 toe.
- Indien alles goed verloop begin ek Dinsdag 1 September by 'n navorsingsinstuut werk.
- Het geskuif van München af na Bonn toe aangesien die werksgeleetheid in die nabyheid van Bonn is. (Wachtberg)
Doelwit vir die volgende week.
- 3 kwaliteit aansoeke in 'n dag.
- Kontak met Jens, asook Karl (professionele netwerk)
- Skakel Passport-GmbH (recruiting firma)
- Skakel Frauenhofer i.v.m. Kontrak
- Ophou rook (aangesien tabak voorraad van SA af op einde staan)
Meer oor die werk
Die projekte waarmee die Firma besig is en waar ek sal uithelp is in die lyn van Human Computer Interaction. Vir die van julle wat belangstel hierdie is die website van die departement waar ek sal werk http://www.fgan.de/fkie/fkie_c24_en.html
Ek het self nog nie te veel tyd daaraan spandeer nie, maar sal nou vanaand en more meer daaroor lees.
Een van die projekte waarvan die "rakker" my vertel het is baie in die lyn van my thesis wat ek by RAU gedoen het vir my Ingenieursgraad en die ander een het te doen met Seinverwerking wat ook 'n veld van Ingenieurswese is wat my baie interesseer.
Ander redes hoekom die werk vir my 'n goeie geleentheid sal wees, is dat ek in Duits sal werk wat my sal forseer om die besigheidskant van Duits ook aan te leer. Ander takies sal behels UML diagramme (deel van my B.Sc. IT onderrig 3 jaar terug) wat oor die algemeen 'n vereiste is vir "System Analyst"-poste wat ek bittergraag sal wil doen vir die volgende paar jaar.
So, met dit wil ek sê, ek hoop ek het julle nie te veel verveel nie, en dat alles sin maak. Ek hoop julle geniet die naweek.
Liefdegroete,
Francois
No comments:
Post a Comment