Saturday, 17 February 2007

Long overdue




Ek het vanoggend vir my gaan stationary koop in Karlsruhe (die naaste groot stad van waar ek bly, +- 15km), en besluit toe dit is 'n goeie idee om 'n klein boekie te koop om idees en gedagtes te hou vir 'n tipe van 'n dagboekie sodat ek julle mense kan op hoogte hou van hoe dit met my hier aan die ander kant van die water gaan. Julle sien, ek is vreeslik goed om dinge van die hart te vermy. En hiermee het ek nou probeer om my te forseer om iets te skryf sodat ek nie uit almal se gedagtes verdwyn soos wat so gereeld gebeur in die wereld vandag. Ons is almal te besig met ons eie gedagtes en ons eie lewens dat ons soms vergeet van die mense rondom ons en die mense wat ons agter laat het en die mense wat ons elke dag ondersteun en die mense vir wie ons baie lief is...

Maar in elk geval ek het oppad terug van Karlsruhe op die trein besluit om 'n paar goeie gedagtes wat by my opgekom het in die afgelope paar dae neer te skryf met die idee dat ek dit kan blog. Hrmf, groot fout!!! Moet nooit aan sake van die hart dink daar waar mense jou kan sien nie. :-) Dit draai uit om 'n baie nat en 'n groot verleentheid te wees... Ja, toe daar op die trein begin 'n tranestorting wat ek nie op 'n myl kon sien kom het nie. En hoe meer jy daaraan dink om op te hou en terselfde tyd aan ander goed dink, hoe meer kom dit net uit. Wat ek ook agter gekom het is dat jy eerder nie 'n woord moet probeer sê wanneer jy so voel nie, want dan begin mens snik en dan kan mens nie ophou nie...

Genoeg van hoe pieperig en klein ek is, die eintlike idee hiervan was goeie gedagtes met mense te deel. Ons is nou al so 7 weke hier waarvan ons 'n klomp goeie dinge beleef het, maar terselfde tyd het ons baie moelike tye ook beleef. Ek is nou uiteindelik lekker in gesettel, (ja, ek neem nou en dan nogsteeds die verkeerde trein en land op totaal en al op 'n ander plek as waar ek moet wees, maar nou ja, hoe anders gaan mens die plek verken. :-D ), en ek weet darem hoe om my dag tot dag se goedjies te doen.

Als is soveel anders hier as wat ons aan gewoond was by die huis, soos tipese goed is dat mens nie weet wat om by watse winkel te koop nie. Soos waar koop mens 'n spieel? Of die goed wat ons in ons algemene pick&pay het, is totaal en al anders as wat hulle hier in lidl het. Ons moes toe nou die eerste dag wat ons hier aangekom het gaan inkopies doen... Net dié nodigste want dit is ver om te stap terug Universiteit toe... en dan eindig mens op om elk 4 groot sakke groceries huis toe moet dra. Die kos hier wat ons vir ons self moet maak is maar 'n probeer en probeer weer situasie.. en ek is nou al bietjie moeg vir vark, selfs hulle hoender proe al soos vark... Ek sal nog daar uit kom om my gunsteling kos (soos my ma se soetpatats) hier te maak en te geniet. :-)

Maar ja, ek gaan probeer om nie te veel langer aan te hou met goedjies tik nie, (ek weet ek sukkel altyd om die motivering te kry om lang briewe te lees) en eerder probeer om meer gereeld hierdie te doen.



Die foto was voor die Kasteel in Karslruhe geneem vroeër vandag.

3 comments:

Rainer la Barre said...

Well well well, let me be the first to say: Cool beginning to a blogging adventure...

...dis ok om te huil as jy voel die wereld kyk vir jou...hulle wens ook dat hulle dit kon doen as mense vir hulle kyk...

wheresnico said...

Ek sal verseker so 'n blog moet begin as ek weg is...

Jou woorde en prentjies skets 'n baie beter prentjie van jou nuwe wêreld :-) Ek sal beslis gereeld loer!

PS: Die mense die kant dink ook aan jou...

Angy said...

Hey Francois......
Cornelia sent me your link....looks like you're enjoying your stay!!
Dam I miss my old house mates...!!
Join myspace.......check out my page...
www.myspace.com/angy6
its really neat....
hope to hear from you soooooooooon
Love Angy